Woorde vlieg soos skoenlappers weg in die wind...

Woorde vlieg soos skoenlappers weg in die wind...

Thursday, 29 March 2012

Eendag-Vandag-Altyd


Jou woorde en akkoorde plavei die pad na my hart

In jou woorde, jou menswees, jou omgee

Jou hand in die holte van my rug

Ons hande wat mekaar verken

Jou sagte hand

Jou sagte hart

Eendag

Vandag

Altyd


Friday, 2 March 2012

Jy wat die donkermaan verlig

Ek sien jou innie donker staan
Ligstrepiehare van ‘n donkermaan
Wie’s jy?
Dit wil-ek weet
Eers in my hart sal ek jou nimmer vergeet.

Wie is jy nou?
Weet jy, weet jy self?

Sal jy my sê,
Voor ek in-jou siel kom delf
Antwoorde soek ek na
Steeds bly ek bang
Om jou self te vra.
Wie is jy nou?
Weet jy, weet jy self?


‘n Glimlag in jou oë skitter,
met jou in my lewe nimmer bitter

Al ken ek jou op jou naam
Jy wat elke tree saam met my gaan,
Tree saam met my gaan.
Jy wat die laaste donkermaan verlig
(2001 vir JP)

365 Melville Sonsondergange

Ek wens vir jou,
365 Melville sonsondergange,
‘n hart wattie ken van verlange.
‘n dag vol silwerrandwolkies,
dat jy jou oë kan oophou as jy nies.

Ek wens vir jou,
‘n kitaar wat altyd gestem is,
‘n hart wattie liefde verkwis.
Mug & Bean chocolate koek,
Vir jou wens ek my poetry boek.

Vir jou is my wens,
Dat jy sal sien hoe ek voel.
Weet als gebeur vir ‘n rede.
Ja, alles gebeur met ‘n doel.

Ek wens vir jou,
Pille vir jou pyn,
Dat jou kar nie weer sal verdwyn.
‘n lewe wat jy kan sing soos ‘n lied.
By Cresta, ‘n free en verniet fliek.

Ek wens vir jou,
Klippies en Cola by News Café.
Dat ‘n ster vir jou uit die hemelruim sal gly.
Macdonalds wat nooit sal opraak,
En dat my liefde jou lewe vir altyd sal waak.

Vir jou is my wens,
Dat jy sal sien hoe ek voel.
Weet als gebeur met ‘n rede.
Ja, alles gebeur met ‘n doel.

Ek wens vir jou,
Bottomless koffie op die stoep.
Dat jou hart myne sal roep.
Glase vol Cabernet wyn.
Liefde wat nooit sal kwyn.

Vir jou is my wens,
Dat jy sal sien hoe ek oor jou voel.
Weet liefde is die lewe se doel.
365 Melville sonsondergange is my wens vir jou!

( Augustus 2004)

Mr Right

I was not looking for
Mr Right
And so
I didn't see
The ideal man
Even when I had my arms
Wrapped around him
Friendship is blinding.


-2003-