Woorde vlieg soos skoenlappers weg in die wind...

Woorde vlieg soos skoenlappers weg in die wind...

Wednesday, 27 March 2013

Rooikappie Reborn...

Toe stuur Rooikappie vir Wolf in sy moer in...op 'n mooi manier. (Ek dink nie hy besef dit al nie...onse Wolfie dink nie te veel oor iets anders as homself nie). Rooikappie loop mos ook nie sommer met haar hart so oop en bloot op die mou van haar rooi jassie nie. Rooikappie besef nou sy verdien die prins wat aan gegallop kom op sy perd of ten minste die "Simson" wat die sterre belowe het. Nie 'n groot harige narsistiese grysoog wolf wat liewer is vir sy weerkaatsing as vir haar nie. Ek glo nie Rooikappie gaan maklik terugkeer na die Wolf, die bos en die donkerte waarin sy haarself bevind het nie. Rooikappie wil eerder tussen wolke en sterre sweef. Sy wil die tyd saam met haar maatjies in die betonoerwoud geniet tot sy hom ontmoet. Sy hoef nie gered te word nie...want sy is veilig. In die woud met sy liggies, en teerpaaie is daar geen bose hekse of 'n aaklige koningin nie. Daar is wel 'n paar 'dwergies' wat haar op die hande dra...en vir wie sy liewer is as enigiets. Rooikappie het haarself reinvent...sy gaan van vandag af bekend staan as Sneeuwitjie en leef asof sy rerig "the fairest of them all'' is. Want wie wil nou vir ou grysoog wolf hĂȘ as Prince Charming iewers vir jou wag.