My Rooikappie dae is verby...
En soos voorheen voorspel het die storie anders verloop as die oorspronklike.
Rooikappie was nooit bang vir die groot harige grysoog wolf nie, al het hy haar hartjie vinniger laat klop.
Rooikappie het nie haar mandjie vol snoepgoed vir hom gegee of geluister na sy mooipraatjies nie.
Die wolf se vermomming het niks gehelp nie, want 'n wolf bly 'n wolf, en Rooikappie het dit geweet.
Hierdie Rooikappie is 'n oopkop meisiekind wat nie blindelings in 'n situasie instap nie en al het die wolf se sjarme haar vir 'n wyle gemesmerize het Rooikappie eintlik altyd geweet...'n jakkals of in die geval 'n wolf verander van haar maar van nuk nooit.
Rooikappie en die wolf se paaie sal seker weer kruis...maar Rooikappie se hart behoort nie aan hom nie. Het eintlik nooit.