Woorde vlieg soos skoenlappers weg in die wind...

Woorde vlieg soos skoenlappers weg in die wind...

Tuesday, 21 February 2012

As jy ...

As jy vanaand in jou bed klim
en jou gebed doen,
dink 'n oomblik aan my
bid 'n oomblik lank vir my.

As jy die komberse om jou trek
en jou oë sluit,
sien my gesig vir 'n oomblik
onthou my 'n oomblik.

As jy wegsink in jou droomwêreld
en begin droom,
sien, voel, ruik my 'n oomblik in jou drome
laat ek daar wees vir 'n oomblik.

Want al hierdie oomblikke
dink ek aan jou,
droom ek van jou,
Sien ek jou, ruik ek jou,
voel ek jou.
- Mia -
25 Augustus 2008

1 comment: