Ek wonder nou of ek die woorde op papier of in pixels moet sit.
Woorde…
Inmekaargevleg
Of moet ek dit eerder gooi soos vere in die wind?
Is dit moontlik dat ons soulmates is?
Soulmates…
Inmekaargevleg
Hoe is dit dat jy weet presies hoe ek voel, weet wat ek dink voor ek dit doen?
Hoekom pas my kop so gemaklik in die holte van jou rug?
Hoe is dit dat ons aan die slaap kan raak … inmekaargevleg?
Al wat ek wil doen is hoop…
Al wat ek moét doen… is bid.
Ons lewens vir altyd sal wees...
in mekaar gevleg.

No comments:
Post a Comment