Dis toe Sneeuwitjie weer die rooi jassie aantrek, dat sy besef. Rooikappie is in haar wese. Die keer met 'n verskil. Sy besluit om dit wat sy as Sneeuwitjie met die rooi lippies en goeie postuur geleer het haar eie te maak...maar dat sy in haar hart nog maar altyd net Rooikappie was. Sy vat ook die dwergies wat so diep in haar hartjie ingekruip het saam met haar en sy sal hulle nie weer afskeep nie.
Sy gooi die rooi jassie oor haar skouers...maar die keer is daar geen kappie wat sy oor haar oë trek nie. Regop en vol selfvertroue stap sy die bos binne. Sy weet dat sy haar ou vriend die grysoog wolf dalk mag raakloop. Sy sien eintlik uit na die herontmoeting. Rooikappie glo nog altyd dat mens alles 'n tweede kans moet gee.
Rooikappie vir die wat nie weet nie, is 'n baie hardkoppige (en blerrie nuuskierige) meisiemens. As sy wil, dan wil sy.

So kruis haar en die harige grysoog wolf se paaie weer iewers tussen 'n Hill en 'n Rif. Sy besluit om alles wat sy tot nou toe so opgekrop gehou het met hom te deel sodat Wolf kan sien wie sy rerig is. Sy neem haar voor om vir Wolf op sy foute en leuens te wys en vir hom te wys dat onder daardie kappie nie 'n leë koppie gesit het nie. Sy is trots dat sy nie 'n dowwe dolla is nie en wil hê hy moet dit ook weet.
Rooikappie wonder wel of Wolf sal weghardloop. Dit wil sy ook nie hê nie, want hys vasgegom in die kamers van haar hart. Al is dit net met van daai cheap Superglue wat mens by die verkeersligte koop. Maar hy het nie.Wolfie is ingeburger in haar hart, ingeburger in haar wese, in haar huis en selfs tuis in haar kombuis.
Rooikappie sal moet besluit...en vinnig of sy acetone gaan gebruik en bietjie vir bietjie die grysoog wolf uit haar hart gaan losmaak. Want sien, daar is iets op die horison. Rooikappie kan nog nie sien of dit 'n prins , 'n houtkapper of dalk net 'n will-o'-the-wisp is nie. Maar die sout-en-peper in sy hare, sy sagte blou oë, sy oog en oor vir alles wat mooi is fassineer haar. Sy aanraking is sagter, sy woorde meer opreg...dit voel of hy pas in haar siel. Dalk is die Sout-en-peper prins dalk net die acetone wat Wolf vir altyd uit Rooikappie se hart gaan verwyder....
Word vervolg...

No comments:
Post a Comment