Woorde vlieg soos skoenlappers weg in die wind...

Woorde vlieg soos skoenlappers weg in die wind...

Monday, 29 July 2013

Rooikappie...die begin

So op die vooraand van my 31ste verjaarsdag is my kop vol vrae en antwoorde. Die vrae en antwoorde hou wel geen verband nie. Hoekom is dit dat mens met verjaarsdae, Kersfees, Nuwejaar altyd so terugdink. Lysies maak, ‘n inhoudsgawe opstel, stock taking doen van dit wat was, dit wat jy gehoop het sal wees en dit wat is. 363 dae gelede was ek ‘n gelukkige 29 jarige meisie met skitterblink oë, liefde in haar lewe, papercuts en penvlekke van Heinemann bladsye en ‘n sekere toekoms wat wag. Nou sit ek op die drumpel van 31. Nie heeltemal liefdeloos nie, papercuts het plek gemaak vir spreadsheets en ‘n toekoms waaroor ek half onseker is.

Ek neem bestek op van die afgelope jaar en besef it wasn’t all bad. Not at all. Maar in my hart en my wese is ek al lankal nie waar ek regtig graag wil wees nie. Iewers het Mia plek gemaak vir Rooikappie.

Kom ons begin by die begin…

Rooikappie met die papercuts en penbevlekte hande, “publisher’s hands”, het op ‘n aand tussen ‘n klomp cowboys en een indiaan die wolf raakgeloop. Was dit maar net soos ander se verhoudings, raakgedrink gewees, was Rooikappie dalk nie vandag waar sy haarself bevind nie. Sien Rooikappie is nie ‘n groot drinker nie en Wolf…wel hys baie spesifiek oor die nektar wat oor sy lippe gly.

Wolfie se grys ogies het Rooikappie vasgevang. Daardie aand al. Erens deur die loop van die aand in die vars Wesrandse buitelug het Rooikappie te diep in daardie grysgrou oë gekyk en daarin verdrink. Gelukkig het sy vinnig opgekom vir asem.

Sy het genoeg tyd gehad om asem te skep en in die blouste blou oë te kyk. Daar was ‘n teddiebeer in die betonoerwoud wat presies geweet het wat om te sê, wat om te doen om haar hart te wen, al sou hy later sê dit was haar skuld dat sy verlief geraak het op hom.

Rooikappie verstaan tot vandag toe nie hoe haar beentjies kon lam raak vir die blou-oog beer nie. Hy was nie soos enige ander voor hom nie. Die blou-oog beer het ‘n sagte siel maar ‘n hardkoppige hart gehad. ‘n Geknakte wesentjie was die liewe blou-oog beer. Maar woorde soos mislukking, vet en kwaai, was ingekrap in die stam van sy wese. Mammabeer, pappa en boetie het saam gesorg dat my blou-oog beer se siel seer het. Rooikappie het haar bes probeer, maar dit was ‘n moeilike paar maande saam met die blou-oog beer. Hy het soms nie die woorde gehad om te verduidelik hoe hy voel nie. Soms bloot nie lus gehad om te verduidelik nie. Maar Rooikappie het woorde nodig…sy soek alles tot in die laaste lettergreep om te begryp. So staccato-staccato het Rooikappie en haar blou-oog beer gekommunikeer. Nou nog as as Rooikappie terugdink aan sy teenwoordigheid in haar lewe voel dit onwerklik. Hy was inkennig die mansmens. Baie! Maar die wat hom leer ken het kon deur sy bravado sien. ‘n Teddiebeer in hart en siel. Die manier wat hy Rooikappie se siel kon uit trek en op dieselfde tyd kon laat beter voel. ‘n Gemaklikheid wat geen perke ken nie. Die manier wat hy met ‘n woord, of een kyk Rooikappie se wêreld kon laat stilstaan.

Moenie dink ou Wolfie het nie probeer om homself in te wurm in die hegte band nie. Hy het sy bes probeer. Maar Rooikappie wou niks weet van sy grysgrou oë nie want sy was verdiep en verstar in die mooiste blou.
Tot op ‘n dag…omtrent so twee seisoene nadat sy haar teddiebeer ontmoet het, het Rooikappie en die Blou-oog teddiebeer besluit dat hulle paaie moet skei. Dit was ‘n koue wintersaand en Rooikappie het ingevaar in die bos en die teddiebeer…hy het gebly waar sy hom gelos het. Dis juis hier wat Rooikappie toe weer in Wolf vasloop, struikel en in sy arms beland het. Die eerste keer.

Rooikappie het nie tweekeer gedink oor wat sy doen nie, destyds het sy nie gedink die wolf is so gevaarlik nie. Nie gevaarlik in wese nie, maar gevaarlik as dit by Rooikappie se hart kom . So kruis haar paaie tussendeur die storie van die Wolf, Sneeuwitjie en haar dwergies weer met die teddiebeer. Rooikappie wou hom nooit seermaak of leed aandoen nie. Maar sy het. Sy het die blou oë laat traan, sy het sy lewe en sy bed gaan deurmekaar krap. Nie dat hy nie self geworstel het en haar in die proses seergemaak het nie, maar Rooikappie wou nooit maar nimmer haar liefste teddie sien seerkry nie. Die probleem was…Rooikappie het die bos ingevaar, haar ontmoetings en herontmoetings met Wolf sou daardie blou oë nooit kan vergewe nie. Nou dink teddie dat Rooikappie soos Gouelokkies net 'n woerst-warts was, net die stoele, pap en beddens kom toets en toe is sy weg. Maar daar is niks verder van die waarheid af nie. 

Mag die grysoë en die blou oë tog nooit ooit ontmoet nie, die hare sal waai! Miskien moet hulle paaie kruis want dalk sal hulle dan kan verstaan dat die bruinoog meisiekind met die rooi kappie met liefde, deernis en verstaan in hulle albei se oë gekyk het. Maar nie op die selfde tyd of op die selfde manier nie. Rooikappie se hart bloei…en dis as gevolg van wonde wat beide op haar hart gelaat het. Maar sy baklei terug…haar gemanikuurde vingers is al stompies baklei…en sy wil nie meer nie.

Die gryskop prins het verby gegallop, aangenaam, sielsvriend, goed belese, goed berese, maar met ‘n ander verwysingsraamwerk as onse meisie in rooi.  Rooikappie het gedink sy wag vir ‘n prins of ‘n houtkapper (of was dit nou die geinkte haarkapper) maar dalk wag sy net vir daai Simson wat die sterre beloof het. Moet sy net sit en wag? Moet sy hom gaan soek? Moet sy sien wie sy intussen ontmoet, want dalk is hy vermom? What to do?



No comments:

Post a Comment